Titus 2:11-12 Die genade van God wat verlossing bring, het immers aan alle mense verskyn. Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige wêreld te lewe,
Is dit nie ironies dat ons almal aan die eenkant 'n beter lewe wil hê, maar aan die anderkant nie van verandering hou nie? Alle verandering, selfs positiewe verandering, is geneig om te wissel van effens ongemaklik, tot baie moeilik. So … hoe hanteer jy verandering?
Saul was die heel eerste koning van Israel. Hy het sy heerskappy met God se seën begin. Hy is as koning gesalf en aanvanklik was hy nederig en gehoorsaam. Maar met die verloop van tyd het hy begin afdwaal.
Dit was die begin van 'n gevaarlike afdraande koers wat hy ingeslaan het. Hy was ongehoorsaam teenoor God, en toe het sy trots en eiewilligheid oorgeneem en dit het uiteindelik tot sy ondergang gelei. God het hom verwerp en in sy plek 'n nuwe koning – Dawid, 'n man na God se hart, aangestel.
Dis 'n goeie les. Die punt is dat wanneer ons ons geloof in God stel; wanneer ons vertrou op wat Jesus vir ons aan die kruis gedoen het, en die prys vir ons sonde betaal het; vereis daardie geloof ‘n dramatiese verandering in ons lewens; ons moet wegdraai van wat ons weet verkeerd is, na gehoorsaamheid aan God.
Titus 2:11-12 Die genade van God wat verlossing bring, het immers aan alle mense verskyn. Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige wêreld te lewe,
My vriend, enigiets minder as dit … en ons flous onsself. Die verandering waartoe God ons roep, is ‘n goeie verandering. Maar soos ons reeds gesien het, kan selfs goeie verandering moeilik wees. So … leef met wysheid; op 'n manier wat ware toewyding aan God toon.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.