Listen

Description

Send us Fan Mail

Haggai 1:4 Is dit nou die tyd vir julle om in pragtige huise te woon terwyl my huis in puin lê?

Jy ken daardie gevoel wanneer die lewe regtig besig raak – sperdatums, rekeninge, familie, projekte, en voor jy jou kon kry, het God van jou lys afgegly. Nou-ja, jy sê vir jouself dit is net tydelik … dat jy na Hom sal terugkeer sodra dinge bedaar. Maar op een of ander manier gebeur dit nooit nie.

Dis presies wat in Israel gebeur het. Hulle het uit ballingskap in Babilon teruggekeer om Jerusalem en natuurlik die Tempel te herbou. Maar soos die jare verbygegaan het, het hulle vasgevang geraak in die bou van hul eie huise; hulle eie sakke gevul en besig geword met hul eie dinge. God het deur sy profeet met sy volk gepraat:

Haggai 1:4 Is dit nou die tyd vir julle om in pragtige huise te woon terwyl my huis in puin lê?

God het nie die feit dat hulle hul eie huise gebou het veroordeel nie; Hy het gewys hulle harte is op die verkeerde plek. Hulle wou God se seëninge hê sonder om plek te maak vir sy teenwoordigheid. Die droogtes en die teleurstellings wat daarna gekom het, was God se manier om te sê: Haai, julle het My vergeet.

Ons bou dalk nie vandag tempels nie, maar die reël ​​tel steeds. Wanneer ons gerief belangriker as ons ​​roeping word, en wanneer ons planne geen plek vir God se wil het nie, droog ons  geestelik op.

So, neem vandag ‘n bietjie voorraad op. Waaraan bestee jy jou energie, jou passie en jou tyd? Wat trek jou - bietjie vir bietjie - weg van God af? Diep binne is daar daardie ongemaklike gevoel, nè? Daar is net nie ware vrede nie, daar is net nie ware vreugde nie.

Maar glo my, wanneer jy God eerste stel, val alles in plek. Soek Hom nóg voor jou volgende sperdatum, voor jou volgende afleiding. Kyk hoe herbou Hy dít wat werklik saak maak.

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY