Listen

Description

Send us a text

Genesis 3:17-19  Vir die mens sê Hy: “Jy het jou deur jou vrou laat ompraat en van die vrugte geëet wat Ek jou verbied het om te doen. Daarom vervloek Ek die grond. Jou hele lewe lank sal jy met swaarkry sukkel om ’n bestaan daaruit te maak. Dit sal vir jou dorings en dissels oplewer en jy sal van die plante van die veld eet. Jou hele lewe lank, tot die einde van jou dae, sal jy met moeite werk om iets te hê om te eet. Aan die einde van jou lewe sal jy weer terugkeer na die grond waaruit jy geneem is. Want jy is van stof gemaak en jy sal weer stof word.” (NLV) 

Iets wat ek nog nooit verstaan het nie, is hoekom mense in misdaad betrokke raak, terwyl hulle vooraf weet dat daar gevolge vir hulle dade kan wees. Hulle dade het gevolge: minstens gevangenisstraf of selfs baie erger straf. Verstaan jy dit? Ek kan nie. 

Hier’s die oplossing tot daardie raaisel! Die finansiële omset van georganiseerde misdaad wêreldwyd word beraam op meer as 2 triljoen Amerikaanse dollar per jaar. Die Globalised Organised Crime Index het onlangs berig dat 83% van die wêreld se bevolking in gebiede met hoë kriminaliteit woon.

Dis verstommend ... maar dit is sekerlik die rede. Dit draai alles om die geld. En nog erger, hierdie groot kriminele ondernemings lyk asof hulle sonder gevolge opereer en jaar na jaar tallose lewens vernietig.

Kom ons praat openlik. Miskien ken jy mense wat korrup optree, mense wat oneerlik is, of mense wat ander mense afgryslik behandel en lyk asof hulle daarmee wegkom... Maar toemaar, kierankies sal braai - hulle sal nie vir ewig daarmee wegkom nie. Dis die les wat Adam en Eva in die Tuin van Eden ontdek het toe hulle aan God ongehoorsaam was.

Genesis 3:17-19 Vir die mens sê Hy: “Jy het jou deur jou vrou laat ompraat en van die vrugte geëet wat Ek jou verbied het om te doen. Daarom vervloek Ek die grond. Jou hele lewe lank sal jy met swaarkry sukkel om ’n bestaan daaruit te maak. Dit sal vir jou dorings en dissels oplewer en jy sal van die plante van die veld eet. Jou hele lewe lank, tot die einde van jou dae, sal jy met moeite werk om iets te hê om te eet. Aan die einde van jou lewe sal jy weer terugkeer na die grond waaruit jy geneem is. Want jy is van stof gemaak en jy sal weer stof word.” (NLV)

My vriend, God het jou lief, maar onthou … God sien, en vroeër of later sal daar gevolge wees.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY