Matteus 24:35 Die hemel en die aarde sal vergaan, maar my woorde nooit.”
Baie van die dinge wat tans in die wêreld gebeur, lyk, wel, vreemd... apokalipties, oftewel openbarend, asof ons in die laaste dae leef. Ag, miskien voel sommige van die dinge wat in jou lewe aangaan ook so. En tog, te midde van dit alles, is ons gespaar en het ons elkeen vanoggend wakker geword om nog 'n dag te beleef.
Die konsep van die apokalips dui op die eindtye, die vernietiging van die skepping. En met die skrikwekkende omwentelinge wat op die oomblik in die wêreld aangaan - wie weet?
Die oorspronklike Griekse woord - apokalypsis - beteken eintlik 'n openbaring, 'n onthulling, 'n openbaarmaking van verborge waarhede. So, ek wonder, wat probeer God vir jou en my sê oor die ontstellende gebeure wat in ons eie lewens plaasvind.
Terwyl jy besig is om jou gereed te maak om God se stem te hoor, luister hoe Jesus hierdie vrae van sy dissipels oor die eindtye beantwoord het in:
Matteus 24:35 Die hemel en die aarde sal vergaan, maar my woorde nooit.”
Soms voel dit asof die grond onder jou voete bewe; dinge wat jy as vanselfsprekend aanvaar het, verkrummel; dít wat jy nog altyd as waar beskou het, lyk skielik twyfelagtig.
Wanneer jy begin twyfel, is my gebed vir jou, dat jy sal onthou wat Jesus gesê het toe sy dissipels Hom gekonfronteer het met dinge wat hulle nie verstaan het nie:
Die hemel en die aarde sal vergaan, maar my woorde nooit.”
Hy het jou lief. Hy het gesterf om jou van jou sondes te red. Hy het weer opgestaan om jou 'n nuwe lewe te gee. En eendag kom Hy jou huis toe neem om vir ewig by Hom te wees.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.