1 Johannes 1:8-9 As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.
Het jy al ooit ervaar hoe dit voel om 'n diep, donker geheim in jou hart rond te dra – iets wat jy gedoen het, iets wat verskriklik verkeerd was; iets waarvan niemand anders weet nie? Dit versmoor jou, dit verpletter jou.
Ek ken daardie gevoel baie goed. Ja, ons weet diep in ons hart dat daardie verpletterende las veroorsaak word deur die feit dat ons weet dat ons dade uiteindelik gevolge het. Ons weet dat dit wat ons verkeerd gedoen het uiteindelik sal uitkom. Ons weet dat ons uiteindelik die prys sal moet betaal.
Dis iets waaroor ons die afgelope week nogal baie saam oor gesels het, nè? So kom ons sluit dan met goeie nuus af; nuus, wat daardie bagasie wat jy saamdra, van jou skouers sal lig.
1 Johannes 1:8-9 As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.
Baie mense wil vandag gerieflikheidshalwe glad nie eers dink dat daar iets soos "sonde" bestaan nie. Maar God neem dit so ernstig op dat Hy sy Seun, Jesus, gestuur het om aan 'n kruis te sterf om die prys wat ons weet óns sonde verdien, te betaal.
En wanneer jy eerlik met God is, wanneer jy jou sondes bely, sal Hy vergewe. Jy kan Hom vertrou om dit te doen, want Hy doen altyd wat Hy sê Hy sal. Hy sal jou reinig van al die verkeerde dinge wat jy gedoen het.
My vriend, daardie vergifnis is vandag vir jou beskikbaar. Bely met ‘n opregte hart en met nederigheid én berou al jou sonde voor God; glo dat Jesus vir jou gesterf het en die vrede van God sal jou tot oorlopens vul. Dis goeie nuus.
Want dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.