Listen

Description

Send us a text

Hebreërs 13:4 Die huwelik moet deur almal eerbaar gehou word. Wees in die huwelikslewe getrou aan mekaar, want ontugtiges en egbrekers sal onder die oordeel van God kom. 

Wat dink jy van die huwelik as instelling? Ek dink jou reaksie sal wissel na gelang van jou kulturele agtergrond, jou lewenservaring en waarskynlik ook jou ouderdom. Daar bestaan absoluut geen twyfel dat die aantal huwelike wat gesluit word wêreldwyd skerp daal nie.

In die Verenigde State, byvoorbeeld, het huwelike sedert 1972 met byna 50% gedaal. Dieselfde geld vir baie Westerse lande met ontwikkelde ekonomieë. Maar dit gebeur ook in Iran, in Pole, in China, in Japan en in dele van Afrika. Hierdie wêreldwye verskynsel is te wyte aan die veranderende sosiale norme, ekonomiese faktore en die bemagtiging van vroue.

Die plaasvervanger vir die huwelik wissel van ‘n ‘nag van passie’, tot vriende met voordele, tot los seks en tot kort-, medium- en langtermyn-samewonery. Hoe voel jy hieroor?

Jy kan my maar as outyds bestempel, maar ek bly 'n groot voorstander van die instelling van die huwelik, veral omdat ek meer as 30 jaar gelede eerstehands verraad en egskeiding beleef het. My siening is nie omdat ek “godsdienstig” is of omdat die huwelik ’n “kulturele instelling” is nie, maar omdat die huwelik God se bloudruk vir die mens was en is. En hier staan dit in:

Hebreërs 13:4 Die huwelik moet deur almal eerbaar gehou word. Wees in die huwelikslewe getrou aan mekaar, want ontugtiges en egbrekers sal onder die oordeel van God kom.

Deesdae sal sommige mense dit as outyds, simpel of irrelevant beskou. Wat van my? Ek is nou al 27 jaar met Jacqui, die wonderlikste vrou, getroud. Daar was verseker ook al moeilike tye, maar daardie eksklusiewe, getroue huwelik is die grootste seën in my lewe.

Die huwelik van een man en een vrou was nog altyd God se plan.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY