Listen

Description

Send us a text

Eksodus 3:13-14 Daarna sê Moses vir God: “Sê nou maar ek kom by die Israeliete en ek sê vir hulle: ‘Die God van julle voorvaders het my na julle toe gestuur,’ en hulle vra vir my: ‘Wat is sy Naam?’ wat moet ek dan vir hulle sê?” Toe sê God vir Moses: “Ek is wat Ek is. Jy moet vir die Israeliete sê: ‘Ek is’ het my na julle toe gestuur.” 

Wanneer jy te kampe het met iets wat vir jou soos 'n onoorbare struikelblok lyk, het jy regtig die hulp van iemand wat jy kan vertrou, nodig. Maar in hierdie wêreld waar al hoe minder mense omgee oor wat in jou lewe aangaan en die swaarkry wat jy deurmaak; is sulke mense bra skaars.

Moses het destyds so 'n probleem gehad; 'n heeltemal onoorkombare probleem. Israel was in slawerny in Egipte onder die wrede heerskappy van die Farao waar hulle gevange gehou is. God het buite in die wildernis, aan Moses in 'n brandende bos verskyn.  Moses het woestyn tot gevlug, nadat hy ‘n Egiptenaar tydens sy jonger dae doodgeslaan het. Hy het gedink dit was ongesiens, maar van sy eie mense, die Israeliete, het dit gesien en hom nie vertrou nie.

Kan jy glo, Moses is op hierdie stadium al 80 jaar oud – nie juis in die fleur van sy lewe nie! Tog roep God hom om na die moeilike Israeliete te gaan en hulle te oortuig dat Hy hulle uit Egipte na die Beloofde Land gaan neem.  Maar toe – toe was daar nog ‘n klein ou probleempie: hy moes na die magtige Farao gaan, om hom te oortuig om God se volk te laat trek.

Praat van onoorkombare probleme!

Eksodus 3:13-14 Daarna sê Moses vir God: “Sê nou maar ek kom by die Israeliete en ek sê vir hulle: ‘Die God van julle voorvaders het my na julle toe gestuur,’ en hulle vra vir my: ‘Wat is sy Naam?’ wat moet ek dan vir hulle sê?” Toe sê God vir Moses: “Ek is wat Ek is. Jy moet vir die Israeliete sê: ‘Ek is’ het my na julle toe gestuur.”

Moses se vraag aan God, was sekerlik ‘n regverdige en logiese vraag. Maar kyk hoe God daarop reageer met … die vreemdste antwoord.

God sê sy naam is “Ek Is”, nie “Ek Was” of “Ek Mag Wees” of “Ek Mag Daarby Uitkom” nie. Dit is, “Ek Is”! Hy is in beheer. Hy was nog altyd. Hy sal altyd wees … dit maak nie saak hoe onoorbaar die probleem uit ons perspektief mag lyk nie.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY