Psalm 30:5,6 Sing tot eer van die Here, julle wat getrou is! Loof sy heilige Naam. Sy toorn duur net ’n oomblik, maar sy genade is lewenslank! In die nag vloei die trane, maar in die oggend is daar vreugde. (NLV)
Hoe voel jy wanneer jy aan die ontvangkant van iemand se woede is; of dit nou geregverdig is of nie; of dit nou vergelding behels of nie? Dis beslis nie aangenaam nie; is dit? Dit beroof jou van enige vrede of vreugde wat jy dalk gehad het.
Laat ek jou vandag ‘n belangrike vraag vra: Dink jy God word kwaad vir ons? Nie net vir mense oor die algemeen nie, maar vir my, en vir jou? Dit is nie bloot 'n teoretiese vraag nie. Ek is ernstig. Hier is wat koning Dawid oor daardie einste onderwerp geskryf het in:
Psalm 30: 5,6 Sing tot eer van die Here, julle wat getrou is! Loof sy heilige Naam. Sy toorn duur net ’n oomblik, maar sy genade is lewenslank! In die nag vloei die trane, maar in die oggend is daar vreugde. (NLV)
Ja, sien jy, dit lyk dus asof God inderdaad kwaad word vir sy volk. Maar, ons, en enigiemand wat in Jesus glo, weet dat Christus aan die kruis klaar die straf vir ons sonde betaal het. Maar aan die anderkant weet ons dat ons sonde nie ongestraf sal bly nie. Ons sal die gevolge van ons dade hier op aarde moet dra, maar as ons aanhou sondig, sal dit langtermyn gevolge hê. Jy het die keuse; want Jesus het die prys betaal sodat ons die vergifnis kan ontvang en die ewige lewe kan hê.
Soos Charles Spurgeon dit gestel het: God se toorn is nie soos ons toorn nie. Hy is stadig om toornig te word en gou om te seën. Sy toorn is altyd regverdig, nooit kleinlik of onvoorspelbaar nie.
Kyk, soms gaan ons skandelik misluk; ons gaan tekort skiet; ons gaan sondig. Terwyl God stadig is om toornig te word, sal ons Hom soms kwaad maak. Sy toorn is heeltemal anders as ons s’n. Sy toorn gaan nie oor vergelding nie, en dit koester nie ‘n wrok nie; dit duur 'n rukkie, maar wanneer sy kinders vra, is Hy gou om te antwoord.
As jy 'n fout gemaak het, draai asseblief na Hom terug. Vra Hom om vergifnis in Jesus se magtige Naam. Want alhoewel die trane in die nag vloei, is daar in die oggend vreugde!
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.