Listen

Description

Send us a text

Genesis 4:9-12 Toe vra die Here vir Kain: “Waar is jou broer Abel?” en Kain antwoord: “Ek weet nie. Moet ek dan my broer oppas?” Maar die Here sê: “Wat het jy gedoen? Die bloed van jou broer roep van die aarde af na My. Vervloek is jy dan nou, verban van die grond af wat gretig die bloed van jou broer uit jou hand opgeslurp het. Wanneer jy die grond bewerk, sal dit nie sy opbrengs vir jou gee nie. Jy sal 'n doellose swerwer op aarde word!”

Gee jy om as ek jou vandag vra, hoe jy voel wanneer jy sien hoe ander mense vooruitgaan; sukses behaal; wanneer hulle al die lof kry en al die aandag trek; terwyl jy, ten spyte van die feit dat jy jou bes doen, ongemerk wegkwyn en nooit êrens kom nie? Sê my, hoe laat dit jou voel?

Adam en Eva se twee seuns, Kain en Abel het offers aan die Here gebring. Abel was die veeboer, en hy het die beste van sy lammers, die eerstelinge van die seisoen uit sy kudde en van hul vet as offer aan God gebring. Die Here het Abel se offer aanvaar. Kain, was die saaiboer en sy offer het bestaan uit opbrengs uit sy landerye. Die Here het nie Kain se offer aanvaar nie. Kain was briesend kwaad.

God het met Kain gepraat en hom ‘n kans gegee. Hy het vir hom gewaarsku dat indien hy nie goed doen nie, sonde hom in sy mag sal kry, maar dat hy die mag het om oor die sonde te heers. 

Hoe het dit vir Kain laat voel? Wel, hy was so woedend, neerslagtig en so jaloers dat hy sy broer gaan vermoor het. Dis hoe dit hom laat voel het!

Genesis 4:9-12 Toe vra die Here vir Kain: “Waar is jou broer Abel?” en Kain antwoord: “Ek weet nie. Moet ek dan my broer oppas?” Maar die Here sê: “Wat het jy gedoen? Die bloed van jou broer roep van die aarde af na My. Vervloek is jy dan nou, verban van die grond af wat gretig die bloed van jou broer uit jou hand opgeslurp het. Wanneer jy die grond bewerk, sal dit nie sy opbrengs vir jou gee nie. Jy sal 'n doellose swerwer op aarde word!”

Kain is nie slegs deur God verwerp nie, God het die aarde teen hom gedraai. Hy het hom uit die land verdryf en hom na 'n onsekere, nomadiese bestaan ​​verdoem.

Jaloesie het Kain uiteindelik nie net ‘n moordenaar gemaak nie,  maar hom ook van God vervreem. Om iemand af te breek, sal niemand anders ooit verhef nie.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY