Listen

Description

Send us a text

Psalm 33:16-19 ’n Koning word nie gered deur ’n groot leër nie, ook nie ’n krygsman deur groot krag nie. Dis valse hoop dat ’n oorlogsperd veiligheid verseker, en deur groot krag redding bring. Maar die Here waak oor dié wat Hom dien, oor hulle wat hoop op sy troue liefde om hulle te red van die dood en hulle in hongersnood aan die lewe te hou. (NLV) 

Het jy al opgelet, dat ten spyte van die feit dat iemand of iets op papier sterk mag lyk, daar altyd iemand of iets is, wat sterker is, iemand of iets wat hulle kan verslaan?

By die Slag van Agincourt in 1415 tussen die Engelse en die Franse, was die Engelse leër, onder koning Hendrik die Vyfde, verreweg in die minderheid. Om sake te vererger was hulle verswak en hulle het aan uitputting en siektes gely. Dus moes die Franse leër, wat tussen 20 000 en 30 000 troepe gehad het, Hendrik se 6 000 man - ten minste op papier – lag-lag, oorwin het.

Die Engelse minderheid het egter opgeleide manne met langboë gehad. Daarby was hul strategiese gebruik van die terrein en hul gedissiplineerde formasies, een te veel vir die swaar gepantserde Franse ridders. Die Franse kavallerie was vasgevang in die modderige slagveld en het maklike teikens vir Engelse boogskutters geword. Die resultaat was, ten spyte van hul oënskynlike ongunstige omstandighede, 'n beslissende oorwinning vir die Engelse. 

Psalm 33:16-19 ’n Koning word nie gered deur ’n groot leër nie, ook nie ’n krygsman deur groot krag nie. Dis valse hoop dat ’n oorlogsperd veiligheid verseker, en deur groot krag redding bring. Maar die Here waak oor dié wat Hom dien, oor hulle wat hoop op sy troue liefde om hulle te red van die dood en hulle in hongersnood aan die lewe te hou. (NLV)

Die kern van die vers lê daarin dat wanneer ons ons geloof in ons eie krag en vermoëns plaas, dit uiteindelik tevergeefs sal wees, want daar sal altyd iemand of iets wees wat sterker as ons is.

Maar die Here waak oor dié wat Hom dien, oor hulle wat hoop op sy troue liefde om hulle te red van die dood en hulle in hongersnood aan die lewe te hou.

Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY