Listen

Description

Send a text

Matteus 5:16 Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” 

Baie mense dink jy kan iemand verander deur hom te beheer en deur hom te dwing om na jou pype te dans. Maar dis nie waar nie, jou invloed is soveel kragtiger.

John Newton, was aanvanklik 'n wrede slawehandelaar, maar  sy lewe het verander toe hy een nag desperaat tot God gebid het tydens ‘n verskriklike storm toe sy skip besig was om te sink. Hy het sy Bybel begin lees en later radikaal tot bekering gekom toe hy Christene ontmoet het. Hy was veral beïnvloed deur Christene soos William Wilberforce, want hy het sy vriendelikheid, geloof en volharding gesien. Hy het die Lig wat Christene het, begeer. 

Newton het later 'n pastoor geword en die mensehandel, waaruit hy eens baie geld gemaak het, in die openbaar veroordeel. Die voorbeeld van Christene se nederige goedheid het 'n bose man in ‘n kragtige evangelis verander.

Newton was ‘n baie gerespekteerde prediker en hy het ‘n groot invloed op baie mense gehad. Hy het onder andere vir Thomas Scott, ‘n voltydse pastoor, wat sy bediening slegs as ‘n loopbaan beskou het, gehelp om ‘n ware geloof in Christus te ontdek. Scott het as gevolg van Newton se invloed later ook ‘n medestigter van ‘n groot Sendinggenootskap geword.

Newton is vandag bekend vir die talle lofliedere wat hy geskryf het; onder andere Amazing Grace.

Matteus 5:16 Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”

Dit blyk dat jy reproduseer wat jy lewe. Wanneer die Lig van die liefde van Jesus Christus uit mense se harte na die duisternis rondom ons skyn, sal dit die wêreld verander.

Lig transformeer mense; dit trek hulle nader. En wanneer jou lewe liefde, hoop, geloof en vriendelikheid uitstraal, word ander nie net na jou getrek nie, maar na Christus self.

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY