Listen

Description

Send us a text

Psalm 127:3-5 Kinders is ’n gawe van die Here; die vrug van die moederskoot is ’n beloning. Soos pyle in ’n krygsman se hande, so is seuns gebore in ’n mens se jeug. Gelukkig is die man wie se pylkoker vol van hulle is. Hy sal nie beskaam word wanneer hy in die stadspoort met sy vyand onderhandel nie. 

Enigiemand wat al ooit kinders grootgemaak het, weet watter moeilike taak dit is. Lonend ja, maar voorwaar een van die moeilikste maratons wat enigiemand ooit kan hardloop.

Ongelukkig kry kinders dikwels swaar. Meer as 'n kwart miljard – dit is een sesde van die kinders van skoolgaande ouderdom wêreldwyd – ontvang geen onderwys nie. 168 miljoen is betrokke by kinderarbeid, met meer as die helfte van hulle wat by gevaarlike werk, soos mynbou, betrokke is. Ten minste 15 miljoen meisies trou elke jaar voordat hulle 18 word, en dan is daar 4 miljoen meisies wat trou voor hulle 15 word. Moet ek nog meer sê?

Hopelik is die kinders in jou lewe veilig en gesond, goed versorg, opgevoed en geliefd. Maar ons sien dat selfs in welvarende samelewings baie kinders ly deur die feit dat albei ouers lang ure werk, om byvoorbeeld ‘n verband af te betaal. Die ondersteuning van uitgebreide familie is deesdae ook baie skaars. Daarbenewens gee ouers dikwels meer aandag aan hul TV’s, slimfone en ander tegnologiese speelgoed as aan hulle kinders.

So, of jy nou 'n ouer, grootouer, 'n tante of oom is, laat ons almal hand in eie boesem steek om seker te maak dat wanneer dit by die kinders in ons lewens kom, ons prioriteite reg is.

Psalm 127:3-5 Kinders is ’n gawe van die Here; die vrug van die moederskoot is ’n beloning. Soos pyle in ’n krygsman se hande, so is seuns gebore in ’n mens se jeug. Gelukkig is die man wie se pylkoker vol van hulle is. Hy sal nie beskaam word wanneer hy in die stadspoort met sy vyand onderhandel nie.

Kinders is 'n enorme seën van God. Moet dit asseblief nooit vergeet nie!

Want dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY