Listen

Description

Send us a text

2 Korintiërs13:5 Stel julleself op die proef en ondersoek julleself of julle in die geloof lewe. Besef julle dan nie self dat Christus Jesus in julle is nie? So nie, het julle die toets nie deurstaan nie. 

Is dit vir jou ook ongelooflik moeilik om jou eie foute te erken, om die werklikheid in die gesig te staar; die krake in jou wapenrusting raak te sien en verantwoordelikheid daarvoor te aanvaar? Ja my vriend, as jy dit nie doen nie, gaan jy die wêreld vir jouself onseker en ongemaklik maak.

Piero di Lorenzo de' Medici, seun van Lorenzo die Grote, was die rykste man in Florence. Maar anders as sy wyse vader, het die jong Piero waarskuwings geïgnoreer en sy sjarme oorskat. Hy was gekenmerk deur swak dissipline, swak oordeel en ‘n gebrek aan visie. Sy heerskappy het in 1494 aan ‘n einde gekom toe hy lafhartig, sonder slag of stoot vir Florence aan die Franse oorgegee het.

Die mense het teen hom gedraai. Hy is verban, verneder en deur sy eie mense verstoot. Hy het homself oor en oor probeer verontskuldig. Trots het hom verblind. En hoogmoed ... wel, hoogmoed kom tot ‘n val.

Daardie selfde trots maak ons ook te blind om ons aangebore tekortkominge raak te sien; dit te erken en dit te hanteer. Trots kan sonder twyfel ook tot groot dwalings in ons eie lewens lei. Maar al is dit nie groot dwalings nie, kan 'n reeks kleiner foute saamwerk om ons van die wonderlike lewe wat ons kón geleef het, en die impak wat ons op hierdie wêreld kón gehad het, te beroof. So …

2 Korintiërs 13:5 Stel julleself op die proef en ondersoek julleself of julle in die geloof lewe. Besef julle dan nie self dat Christus Jesus in julle is nie? So nie, het julle die toets nie deurstaan nie.

Is vandag dalk die dag om jouself van nader te bekyk, om jouself te ondersoek? Is ek werklik wie ek dink ek is? Leef ek werklik vir Jesus? Is Hy werklik die Here van my lewe … of flous ek myself?

Dit doen nie skade om so ‘n bietjie van nader te kyk nie!

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY