Listen

Description

Send us a text

Efesiërs 4:30 En moenie die Heilige Gees van God bedroef nie, want Hy het julle as die eiendom van God beseël met die oog op die verlossingsdag. 

Almal wil 'n beter lewe hê. Ek dink nie ek het al ooit 'n enkele persoon ontmoet wat nie die een of ander dingetjie het, wat hulle wens hulle kon verander nie. Het jy al? Ja, ek weet ons almal verstaan daardie gevoel van onvergenoegdheid. En tog blameer ons alte dikwels daardie één ding, wat ons hartseer veroorsaak, terwyl die probleem eintlik binne-in ons lê.

Ek wonder wat ons sou sien as ons die kans gegee word om van die hemel se balkon af op ons lewens neer te kyk?  Hoe lyk ons gedagtes, ons begeertes, ons dade, ons reaksies? Wat van die dinge wat in ons harte aangaan; die dinge wat God bedroef, die dinge waarvan Hy ons graag wil bevry?

Efesiërs 4:30 En moenie die Heilige Gees van God bedroef nie, want Hy het julle as die eiendom van God beseël met die oog op die verlossingsdag.

Sal jy my toelaat om jou vandag prontuit te vra wat jy dink, begeer, doen en sê? Is dit gierigheid, of selfsug, of trots, of woede, of onvergewensgesindheid, of dalk ‘n wrok? Daardie ding wat jou van ‘n vervulde lewe beroof; en wat God diep in sy hart bedroef?

Dis nogal vreemd hoe ons aan daardie dinge wil vashou sonder om eerlik te wees met onsself, sonder om dit ooit, vir eens en vir altyd, finaal te hanteer. Wat dink jy? 

Waaraan klou jy vas? En as dit God se hart breek, waarom verbeel jy jou dat dit jou eie hart sal vervul?

En moenie die Heilige Gees van God bedroef nie, want Hy het julle as die eiendom van God beseël met die oog op die verlossingsdag.

Laat dit gaan.

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY