Listen

Description

Send us a text

2 Korintiërs11:13-15 Want sulke mense is vals apostels; hulle is bedrieglike werkers wat voorgee dat hulle apostels van Christus is. Geen wonder nie! Satan self gee immers voor dat hy ’n engel van die lig is. Daarom is dit ook niks besonders dat sy diensknegte hulle voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Hulle uiteinde sal wees wat hulle volgens hulle dade verdien. 

Jy weet wat hulle sê: jy kan al die mense somtyds flous, en party mense die hele tyd, maar jy kan nie almal die hele tyd flous nie. En tog lyk dit asof ons elkeen 'n onbeperkte vermoë het om onsself te flous.

Tot op die ouderdom van omtrent veertig was ek heeltemal onbewus daarvan dat ek my lewe net om myself laat draai het – my begeertes, my gevoelens, my reputasie en my sukses. Gevolglik het ek amper die helfte van my volwasse lewe in selfbedrog geleef; ek was oortuig daarvan dat ek 'n goeie mens was. Dis skrikwekkend, maar weet jy, ek is nie die uitsondering op die reël nie.

2 Korintiërs 11:13-15 Want sulke mense is vals apostels; hulle is bedrieglike werkers wat voorgee dat hulle apostels van Christus is. Geen wonder nie! Satan self gee immers voor dat hy ’n engel van die lig is. Daarom is dit ook niks besonders dat sy diensknegte hulle voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Hulle uiteinde sal wees wat hulle volgens hulle dade verdien.

Dis Paulus wat hier praat van vals leraars, wat hulself voordoen as opregte leraars om ander te mislei. Maar dit maak nie saak wie ons is nie, daar is altyd daardie versoeking om onsself te mislei. Ja, om diegene rondom ons te probeer mislei; om verkeerde motiewe in ons donker harte te koester, terwyl ons onsself as engele van die lig voordoen.

Wel, jy kan jouself dalk vir 'n lang tyd flous, jy kan al die mense somtyds flous, en party mense die hele tyd flous, maar jy kan nooit vir God flous nie, want Hy sien deur alles!

Dit is waarom ek jou baie ernstig wil vra dat jy besin oor wat in jou hart aangaan. Moenie jouself mislei nie, want jou einde sal ooreenstem met jou dade.

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY