Listen

Description

Send us a text

1 Petrus 1:1-2 Hierdie brief kom van Petrus, ’n apostel van Jesus Christus. Ek skryf aan God se uitverkore volk wat as uitlanders verstrooid leef in Pontus, Galasië, Kappadosië, die provinsie Asië en Bitinië. God die Vader het julle lank gelede al uitgekies en deur die Gees aan Homself toegewy.(NLV) 

Ek weet nie van jou nie, maar ek hou nie daarvan om te ly nie. Ek hou nie eens daarvan om effens ongemaklik of benoud te voel nie. Wat van jou?

Jy weet hoe dit voel as jy verskriklik koud kry. Jy bibber van die koue en jy wil ‘n plan maak om warm te word. Trouens, al waaraan jy kan dink, is om warm te word. En wanneer jy warm kry en sweet, is ‘n koel luggie en 'n koue drankie al wat jy wil hê. Vir sommige mense is die aanvoelbare temperatuur nie so belangrik nie, dis bloot 'n kwessie van gemak; maar vir ander kan dit lewensbelangrik wees.

Wanneer jy in ‘n situasie van ongerief en ongemak is en dit vererger tot op ‘n punt van lyding, is dit nogal natuurlik om te dink dat God jou verlaat het. Dit kan tog nie deel van sy plan wees nie!

Christene het in die 1ste eeu n.C. baie gely. Die Jode het hulle vervolg. Die Romeine het hulle vervolg. En, aangesien hulle, as gevolg van daardie uiterste vervolging dwarsdeur die bekende wêreld versprei het, het die plaaslike inwoners hulle ook verwerp en hulle as deel van ’n mal en ekstremistiese kultus bestempel!

Aan die vervolgde Christene skryf die apostel Petrus die volgende:

1 Petrus 1:1-2 Hierdie brief kom van Petrus, ’n apostel van Jesus Christus. Ek skryf aan God se uitverkore volk wat as uitlanders verstrooid leef in Pontus, Galasië, Kappadosië, die provinsie Asië en Bitinië. God die Vader het julle lank gelede al uitgekies en deur die Gees aan Homself toegewy. (NLV)

Dit was God se plan wat Hy van die grondlegging van die aarde af gehad het: om deur hierdie eerste Christene, wat baie moes ly, die Goeie Nuus van Jesus dwarsdeur die wêreld te versprei … tot by jou en my. 

Net omdat jy ly, beteken dit nie dat God nie 'n plan met jou lewe het nie. Trouens, dis net die teenoorgestelde. Hy het altyd 'n plan, en Hy sal jou nooit verlaat nie.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY