Listen

Description

Send us a text

Markus 9:35 Jesus het gaan sit en die twaalf geroep. Hy sê toe vir hulle: “As iemand die eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees.” 

Kom ons kyk vandag na die verskil tussen arrogansie en nederigheid. Hulle is wêrelde van mekaar verwyder, nè? Dink ‘n bietjie mooi – hoe sien ander jou? Is jy arrogant of nederig of êrens tussenin?

Dis moeilik om in ons moderne tyd aan 'n meer dramatiese transformasie van arrogansie na nederigheid, as in die lewe van Nelson Mandela, te dink.

Mandela was eens 'n vurige, militante leier wat geglo het dat gewapende weerstand die enigste manier was om apartheid te beëindig. Die sewe-en-twintig jaar in die tronk, waar hy volgens sekere bronne tot bekering gekom het, het hom nederig gemaak en hom geduld, vergifnis en die krag van versoening geleer.

Toe hy vrygelaat is, het hy vrede bo wraak gekies en met alle mense saamgewerk om Suid-Afrika te verenig en homself nooit bo die gereg gestel nie. As president het hy met nederigheid gelei en nasionale genesing bo enige persoonlike wrokke geprioritiseer. Sy transformasie van 'n uitdagende rewolusionêre jong man na 'n wyse, deernisvolle leier het hom een van die geskiedenis se grootste staatsmanne gemaak.

Mandela se verhaal wys net hoe nederigheid óór arrogansie triomfeer. En kyk wat het Jesus vir sy dissipels geleer:

Markus 9:35 Jesus het gaan sit en die twaalf geroep. Hy sê toe vir hulle: “As iemand die eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees.”

Hoe dikwels verlang ons heimlik daarna om koning te kraai – sodat óns begeertes, óns behoeftes, óns gerief en óns perspektief voorrang bo almal s’n sal geniet? Ek vermoed dit gebeur baie meer gereeld, as wat ons wil erken.

Miskien, moet ons almal ‘n bietjie kyk na ons houding, ons verhoudings en ons gedrag teenoor ander. Dalk sien ons in die proses 'n paar geleenthede om te herdefinieer wat dit beteken om eerste te wees.

Jesus spel die "eerste plek" baie duidelik uit, nè? Dis daardie plek waar ons die heel laaste en almal se dienaar moet wees.”

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY