Openbaring 20:12 Ek het die dooies, groot en klein, voor die troon sien staan, en die boeke is oopgemaak. Daar is ook 'n ander boek oopgemaak, dit is die boek van die lewe. Die dooies is toe geoordeel volgens wat daar in die boeke geskrywe staan oor alles wat hulle gedoen het.
Dit is vir my ‘n baie vreemde ding dat die gevaar van straf nie vir baie van die kriminele mense genoeg van ‘n afskrikmiddel is nie. Maar weet jy, die blote gedagte daaraan om voor 'n hof te moet verskyn en skuldig bevind te word aan 'n misdaad, is vir my genoeg van ‘n afskrikmiddel ... ‘n baie goeie afskrikmiddel om my wetsgehoorsaam te hou. Hoe voel jy oor straf as ‘n afskrikmiddel?
Ek dink die meeste van ons sal saamstem dat dit 'n goeie ding is om 'n streng en billike regstelsel te hê; een waardeur die beskuldigde skuldig of onskuldig bevind en gestraf kan word. Ja, voorwaar 'n baie goeie ding.
Ons weet ook dat selfs die beste regstelsels soms foute maak, maar kan jy jou die anargie voorstel as daar geen regstelsel was nie?
En tog, as jy om jou rondkyk, lyk dit of sosiale anargie – mense wat skandelik optree; mense wat mekaar sleg behandel – hoogty vier. Kan ons dan hoop dat God se geregtigheid op 'n stadium sal seëvier? Ja, dit sal beslis!
Die apostel Johannes het 'n kykie gekry in die werkinge van die hemel, en dit is wat hy geskryf het:
Openbaring 20:12 Ek het die dooies, groot en klein, voor die troon sien staan, en die boeke is oopgemaak. Daar is ook 'n ander boek oopgemaak, dit is die boek van die lewe. Die dooies is toe geoordeel volgens wat daar in die boeke geskrywe staan oor alles wat hulle gedoen het.
Die "dooies" waarna hy verwys, is diegene wie se name nie in die Boek van die Lewe gevind sal word nie. Diegene wat nie die geleentheid gebruik het om terwyl hulle op aarde geleef het, terug te keer na God en op Jesus te vertrou nie.
Kan ek jou ernstig versoek: Moenie jou lewe verkwis nie. Moenie jou ewigheid verkwis nie.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.