Genesis 2:24 Dit verklaar waarom ’n man van sy pa en ma weggaan, saam met sy vrou lewe en hulle dan soos een mens word. (NLV)
Wêreldwyd, op die meeste plekke, eindig ongeveer veertig persent van die huwelike vandag in egskeidings. Hoe meer welvarend 'n samelewing word, hoe hoër styg daardie persentasie. Dis regtig tragies.
Die idee dat die huwelik 'n lewenslange, "tot-die-dood-ons skei" ooreenkoms is, was nog altyd deel van God se plan.
Genesis 2:24 Dit verklaar waarom ’n man van sy pa en ma weggaan, saam met sy vrou lewe en hulle dan soos een mens word. (NLV)
Of jy nou getroud is, nog nooit getroud was nie en of jy deur 'n egskeiding is, of die dood van 'n geliefde deurgemaak het; verstaan my mooi, ek is nie hier om enige oordele te vel nie. Ek het meer as 30 jaar gelede 'n egskeiding deurgemaak toe my eerste vrou my vir een van my beste vriende verlaat het. Sulke dinge gebeur partykeer...
Die huwelik was nog altyd deel van God se plan vir die man en sy vrou. Maar so ‘n groot deel van die mensdom het hulle ongelukkig nie daaraan gesteur nie en nie ‘n sukses van hulle huwelike gemaak nie. Dit is waar dat sommige mense wel geroepe voel om enkellopend te bly en die Bybel verwys selfs in 1 Korintiërs 7:7,8 daarna dat om enkellopend te wees, ‘n hoër roeping is.
Ek wil net vandag vir ons daaraan herinner; vir jóú daaraan herinner, dat wat jou huwelikstatus ook al is; dat die huwelik, die uitsluitlike vereniging van een man en een vrou met mekaar, 'n goeie plan is, 'n baie goeie plan. Wanneer jy getroud is, kan jy nie agter ander vroue of mans aanhardloop nie, nie waar nie?
So wat jy ook al doen, of dit nou in jou eie huwelik is, of wanneer jy ander paartjies ná aan jou in hulle huwelike bystaan, eerbiedig God se plan vir die huwelik. Dit verklaar waarom ’n man van sy pa en ma weggaan, saam met sy vrou lewe en hulle dan soos een mens word.
Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.