Listen

Description

Send us a text

2 Timoteus 1:9 Dit is God wat ons verlos en gekies het om ’n toegewyde lewe te lei. Hy het dit gedoen, nie omdat ons dit verdien het nie, maar omdat dit sy plan was lank voor die begin van die wêreld, naamlik om sy genade aan ons te bewys deur Christus Jesus. (NLV) 

As ons aanvaar dat jy, soos die meeste mense, 'n beter lewe wil lei – wat dit ook al vir jou beteken – wat sou jy bereid wees om te verander om dit te laat gebeur?

Howard Hughes, ‘n twintigste-eeuse Amerikaanse miljardêr, wou sukses, geluk en 'n beter lewe hê. Maar ten spyte hiervan het hy geweier om sy verslegtende geestesgesondheid en obsessief-kompulsiewe versteuring aan te spreek.

Hughes het ten spyte van sy geweldige rykdom, ‘n paranoia en 'n vrees vir kieme ontwikkel, wat hom daartoe gelei het om 'n kluisenaar te word en homself in donker hotelkamers te isoleer. In plaas daarvan om sy probleme te konfronteer en hulp te soek, het hy toegelaat dat sy vrese hom van lewenskwaliteit beroof. Dit wys ons net dat rykdom en ambisie betekenisloos is, tensy ons bereid is om ons demone te konfronteer.

2 Timoteus 1:9 Dit is God wat ons verlos en gekies het om ’n toegewyde lewe te lei. Hy het dit gedoen, nie omdat ons dit verdien het nie, maar omdat dit sy plan was lank voor die begin van die wêreld, naamlik om sy genade aan ons te bewys deur Christus Jesus. (NLV)

 

Dis goeie nuus, wonderlike nuus, dat God vir Jesus na hierdie aarde gestuur het om ons van ons sonde te bevry. Dis 'n boodskap van genade en vergifnis. Halleluja! Hoekom het Hy dit gedoen? God het ons gered en ons uitgekies om sy heilige volk te wees.

Heiligheid beteken om afgesonder te wees en rein te leef. Dit beteken ook dat ons ons mislukkings, ons swakhede en ons demone agter sal laat. Die nuwe lewe wat God bied, is gebaseer op sy genade, maar dit vereis verandering; ’n verandering ten goede.

Wat is daar in jou lewe wat moet verander? Wat is jy bereid om te verander om te getuig van jou nuwe lewe in Christus?

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY