Romeine 3:22-24 God spreek ons vry deur geloof in Christus Jesus en dit geld sonder onderskeid vir almal wat glo. Ons het immers almal gesondig. Ons almal het God beroof van die eer wat Hom toekom. Maar nou spreek God ons in sy genade vry op grond van die verlossing wat Christus Jesus vir ons verkry het – en dit sonder enige verdienste van ons kant.
Bravade en grootpratery is deesdae ‘n tipiese kenmerk van die leiers in hierdie wêreld; nie waar nie? So van hierdie grootheidswaan gepraat; is daar seker selfs binne jou eie vriendekring ook van daardie arrogante mense wat absoluut oortuig daarvan is, dat hulle God se geskenk aan die mensdom is.
Ek het 'n belydenis om te maak. Ek was eens ook een van dáárdie mense. Ja, met 'n hoër as gemiddelde IK, 'n vinnige tong en grenslose energie ... was ek in my eie oë beter as die gemiddelde man op straat.
Hoe lelik moes dit nie vir diegene om my gelyk het nie! Maar uiteindelik kom ons tot die besef, of moet ek sê, die ontnugtering, dat ons nie perfek is nie ... wel, dis te hope dat ons oë sal oopgaan en dat ons dit sal insien.
Wat van jou? Is daar nog 'n bietjie van daardie trots wat iewers daar diep binne-in jou skuil? Net ingeval, luister na:
Romeine 3:22-24 God spreek ons vry deur geloof in Christus Jesus en dit geld sonder onderskeid vir almal wat glo. Ons het immers almal gesondig. Ons almal het God beroof van die eer wat Hom toekom. Maar nou spreek God ons in sy genade vry op grond van die verlossing wat Christus Jesus vir ons verkry het – en dit sonder enige verdienste van ons kant.
Sien jy? Almal van ons is dieselfde. Ons het almal tekortgeskiet. Die grond aan die voet van die Kruis van Christus, waar Hy sy lewe gegee het om vir ons tekortkominge te betaal ... is gelyke grond. Ons het almal 'n gemeenskaplike behoefte aan buitengewone genade.
Ons word slegs deur sy genade, op grond van wat Jesus Christus vir ons gedoen het, verlos en met God verenig. Dis 'n gratis geskenk ... sodat niemand van ons kan spog nie.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.