Listen

Description

Send us a text

Efesiërs 6:4 En vaders, moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie, maar maak hulle groot met tug en vermaning soos die Here dit wil. 

Dit word deesdae al hoe moeiliker om kinders groot te maak. Ek dink dit word báíé moeiliker as wat dit destyds vir ouers soos ek was, wat ‘n hele paar jaar gelede kinders grootgemaak het.

Deesdae is beide pa en ma dikwels in die arbeidsmag om te probeer om kop bo water te hou. Vir baie paartjies is die ondersteuning van uitgebreide families net nie meer daar nie. Jy ken die ou gesegde, wat sê dit benodig 'n gemeenskap om 'n kind groot te maak. Die probleem is dat grootouers en familie dikwels ook in ander dorpe of lande woon.

Ja, ons weet mos, op baie plekke en in baie kulture leef mense so afgesonderd en afgesluit in hul eie ou huisies vasgekluister, dat jy dikwels nie eers jou buurman ken nie. Daar is dus geen sprake van ‘n  gemeenskap nie. In plaas daarvan het ons 'n versameling klein gesinseenhede geword, wat moontlik in fisiese nabyheid, maar op ‘n groot sosiale afstand van ander woon.

Dan, is daar natuurlik, soos die kinders ouer word, die ongelooflike druk van die sosiale media met sy 24/7-beskikbaarheid. En dan is daar ook die groot invloed van hul onvolwasse portuurgroep en die wins-gefokusde, materialistiese advertensiewese wat toegelaat word om met hul denke, met hul emosies en hul breine te smokkel.

O ja, dit is baie moeiliker deesdae! Soveel jong ouers vind dat hulle beheer oor hul kinders se opvoeding verloor. Hulle word onder soveel druk geplaas dat hulle uiteindelik onder die druk knak.

So, ma's, pa's, grootouers, tannies, ooms ... luister.

Efesiërs 6:4 En vaders, moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie, maar maak hulle groot met tug en vermaning soos die Here dit wil.

Dis nogal spesifiek, nè? Ons pa's kan soms hulle kinders onder soveel onnodige druk plaas, dat hulle opstandig raak. God wys ons hier op die groot verantwoordelikheid van ouers, onderwysers, familie en almal betrokke om ons kinders in die wysheid en leer van God groot te maak. 

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY