Listen

Description

Send us a text

Genesis 3:6-7 Dit het die vrou oortuig. Wanneer sy na die boom kyk, lyk die vrugte mooi en aanloklik, geskik om ’n mens verstandig en slim te maak. Sy pluk ’n vrug van die boom, eet daarvan en gee vir haar man by haar; en hy het ook geëet. Toe gaan hulle oë werklik oop en besef hulle dat hulle sonder klere is. Hulle het vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle omgehang om hulleself toe te maak. (NLV) 

Selfkennis is so noodsaaklik om jou veilig te hou; om te keer dat jy dieselfde foute oor en oor maak; om jouself te beskerm téén jouself en teen diegene wat jou skade wil aandoen. 

Die probleem is, dat ons almal blinde kolle het wanneer dit kom by daardie versoekings wat ons herhaaldelik op 'n dwaalspoor lei. Wat is die kwesbare plekke in jou mondering? Daardie versoekings wat jou duur te staan sal laat kom, maar wat jy nie kan weerstaan nie?

Ek het die ander dag 'n artikel, van 'n hervormde kubermisdadiger gelees waarin hy raad gee oor hoe om aanlyn veilig te bly. Daarin sê hy:

Mense het ‘n baie fyn aanvoeling wanneer hulle in ‘n situasie beland wat hulle laat voel dat alles nie pluis is nie. Maar, ongelukkig is dit nie die geval wanneer dit by aanlyn uitdagings kom nie!

 

So, saam met die kennis van ons eie swakhede en die vermoë om gedag daarop te wees, het ons ook ‘n fyn onderskeiding nodig om te weet wanneer iemand ons in ‘n lokval wil lei – of dit nou 'n bedrieër, of hoofbedrieër, die duiwel self, is. Iets wat Eva beslis nie gehad het toe dit noodsaaklik was nie:

Genesis 3:6-7 Dit het die vrou oortuig. Wanneer sy na die boom kyk, lyk die vrugte mooi en aanloklik, geskik om ’n mens verstandig en slim te maak. Sy pluk ’n vrug van die boom, eet daarvan en gee vir haar man by haar; en hy het ook geëet. Toe gaan hulle oë werklik oop en besef hulle dat hulle sonder klere is. Hulle het vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle omgehang om hulleself toe te maak. (NLV)

Bly waaksaam! Moenie toelaat dat jy bedrieg word nie.

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY