Listen

Description

Send us a text

Matteus 23:27-28 “Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle is soos witgeverfde grafte, wat van buite mooi lyk maar daarbinne vol doodsbene en allerhande onsuiwerheid is. So is julle ook: van buite lyk julle vir mense vroom, maar van binne is julle vol huigelary en minagting van die wet.” 

Sommige mense staan jou beslis nie aan nie. Die oomblik wanneer jy hulle ontmoet, kom jy tot die gevolgtrekking dat jy die res van jou lewe baie gelukkig sonder hulle sal kan deurbring. Hul lewens is deurmekaar. Hul houdings is toksies. Die maklikste ding om te doen, is om van hulle af weg te bly.

Nicky Cruz se ouers was in heksery betrokke en hulle het hom fisies en geestelik mishandel. Hy het in sy tienerjare sy ouerhuis verlaat en 'n gewelddadige bendeleier van die gevreesde Mau Maus in New York geword. Toe David Wilkerson, ‘n prediker met die roeping om met bendes en verslaafdes te werk, vir Nicky gesê het dat Jesus hom liefhet, het Cruz hom geslaan en gedreig; maar Wilkerson het met onwrikbare liefde telkens na hom teruggegaan.

Uiteindelik was Cruz so diep geraak deur die boodskap van Christus se liefde dat hy sy lewe aan Jesus gegee het en 'n evangelis geword het wat baie mense met die Evangelie bereik het. Dit is die krag van volgehoue Christelike liefde en God se genade om selfs die mees gebroke lewens te transformeer.

Jy het 'n keuse om daardie mense, wat jy eerder sou wou vermy, te ignoreer, of lief te hê. Wat sal dit wees?

Jesus het gekies om saam met sondaars te eet, om met hulle te kommunikeer, om hulle lief te hê. Dit het baie kritiek ontlok van die Fariseërs, die godsdienstige leiers van die tyd; die godsdienstige ‘hoogheiliges’ wat hulle eerder in hul eie elite kringe teruggetrek het. Jesus het hulle aangespreek:

Matteus 23:27-28Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle is soos witgeverfde grafte, wat van buite mooi lyk maar daarbinne vol doodsbene en allerhande onsuiwerheid is. So is julle ook: van buite lyk julle vir mense vroom, maar van binne is julle vol huigelary en minagting van die wet.”

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY