Listen

Description

Send us Fan Mail

Romeine 12:3 ... Moenie van jouself meer dink as wat jy behoort te dink nie. Nee, lê jou liewer daarop toe om beskeie te wees in ooreenstemming met die maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het. 

Ons het almal al gehoor dat hoogmoed tot ‘n val kom. En dit is waar! As jy al ooit toegelaat het dat jou trots handuit ruk, dan weet jy, soos ek, deur bitter ondervinding, dat jy uiteindelik lelik gaan misluk. 

Generaal George Custer was 'n flambojante en ambisieuse Amerikaanse leëroffisier in die 19de eeu. Hy was bekend vir sy bravade en oormatige selfvertroue en hy het homself as ‘n militêre genie beskou. In 1876, met die Slag van Little Bighorn, het hy waarskuwings geïgnoreer en die krag en vasberadenheid van die Inheemse Amerikaanse mense onderskat.

Gedryf deur trots en 'n honger na glorie, het hy, met die vaste oortuiging dat hy gaan wen, sy magte verdeel en 'n roekelose aanval geloods. Die gevolg was dat sy hele afdeling uitgewis is. Sy trots het nie net tot sy eie ondergang gelei nie, maar ook tot die onnodige dood van sy manskappe.

Ja, hoogmoed kom beslis tot ‘n val. So …

Romeine 12:3Moenie van jouself meer dink as wat jy behoort te dink nie. Nee, lê jou liewer daarop toe om beskeie te wees in ooreenstemming met die maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het.

Die rede waarom hoogmoed tot ‘n val kom, is omdat die trots jou jou perspektief laat verloor en jou roekelose besluite laat neem. Die oplossing is dus om jouself te toets; om beheer te neem en om realisties te wees oor jou unieke vermoëns én beperkinge. Moenie jouself oorskat nie. Moenie so hoog mik dat jy tot ‘n val gaan kom nie.

Moenie meer van jouself dink as wat jy behoort nie, maar wees nederig en onthou dat jou geloof ‘n geskenk uit God se hand is. Wees dankbaar vir die geloof wat jy wel ontvang het en hou op om jou met ander te vergelyk.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY