Listen

Description

Send us a text

1 Petrus 5:6-7 Onderwerp julle daarom in nederigheid aan die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die tyd wat Hy bestem het. Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle. 

Hoop is 'n goeie ding. Maar vir hoop om effektief te wees, moet jy kan glo dat dit waar sal kán word, ten spyte van die goeie kans dat dit kan misluk.

Dink daaroor na. As jy hoop dat iets goeds uit jou probleme sal kom, maar tog nie glo dat iemand of iets jou uit daardie verknorsing kan verlos nie ... dan is angs die enigste ding wat jy gaan voel.

En dit is net natuurlik, want wanneer die uitkoms onseker is en wanneer daar iets belangriks op die spel is, gaan die onsekerheid soos 'n kanker aan jou vreet.

Petrus skryf aan die vervolgde Christene van die 1ste eeu n.C. aan die mans, vroue en kinders wat in vrees vir hul lewens geleef het: 

1 Petrus 5:6-7 Onderwerp julle daarom in nederigheid aan die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die tyd wat Hy bestem het. Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.

Verneder jouself onder die magtige hand van God wanneer alles op die spel is; wanneer die uitkoms onseker is. Hoe presies doen jy dit? Die antwoord is: verander jou bekommernisse in aanbidding en God sal jou stryd in seëninge verander.

Dit is presies wat God hier deur Petrus vir ons sê: Plaas julle hele lewe in die hand van God, in totale afhanklikheid van Hom. Wanneer die tyd daar is, sal Hy julle ’n ereplek by Hom gee. Neem al die dinge waaroor julle julle bekommer of wat julle omkrap na God toe, want Hy self is die Een wat vir julle sorg. (DB)

Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY