Spreuke 3:5-6 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.
Ek is seker jy het al baie slim mense langs jou lewenspad ontmoet. Ek het ook. Hul briljantheid het net stof in ons oë geskop, nè? Sommige is akademies begaafd. Ander lyk asof hulle 'n vlak van emosionele intelligensie en wysheid het, wat ek en jy sekerlik nooit sal kan bereik nie.
Dit maak nie saak hoe slim of emosioneel intelligent of wys ons mag wees nie ... ons word almal in dié lewe gekonfronteer met omstandighede wat so kompleks is; situasies wat met soveel veranderlikes en onverstaanbare dinge deurspek is ... dat niemand dit ooit alles sal kan uitpluis nie.
Die probleem is, wanneer jy in daardie moeilike omstandighede gedompel is; wanneer dit vir jou onsekerheid, bekommernis en vrees veroorsaak ... wíl jy dit uitpluis, of hoe? Natuurlik wil jy, ons wil almal!
Maar wanneer dit kom by verhoudings, politiek, organisatoriese intriges, emosies, aandelemarkte, wat dit ook al is... is daar niemand wat alles verstaan nie, of hoe? En wie weet wat die beste en slimste manier is om al jou vrae te beantwoord en al jou probleme op te los? Daar is net EEN!
Niemand ken die gedagtes van God nie, maar ek weet dat Hy die mens so gemaak het, dat ons van Hom afhanklik is om ons elke dag te lei:
Spreuke 3:5-6 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.
Nêrens in die Bybel, beveel die Here ons om dit alles self uit te pluis nie, of om alles wat om ons aangaan, vir onsself te verklaar nie. Tog beveel Hy ons oor en oor om op Hom te vertrou.
Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.