Listen

Description

Send us a text

Jesaja 48:17 So sê die Here, jou Verlosser, die Heilige van Israel: Ek is die Here jou God wat jou onderrig tot jou beswil, wat jou lei op die pad waarop jy moet gaan. 

Nie een van ons hou daarvan om voorgesê te word wat om te doen nie. Ons het nie daarvan gehou toe ons kinders was nie, en ons hou beslis nie daarvan noudat ons almal groot is nie.

Ek het onlangs iets op sosiale media gesien wat soos volg gelui het: Moenie dat iemand wat nie in jou skoene geloop het vir jou vertel hoe om jou veters vas te maak nie. Kyk, ek verstaan die begrip, maar ‘n mens kan dit, tot jou eie nadeel, heeltemal te ver voer.

Ons trots - die gevoel van selfgeregtigheid waar ons ons tekortkominge goedpraat, kan uiteindelik ons harte afstomp en onleerbaar maak - doof vir die goeie raad van ander en inderdaad vir die raad van God self.

Luister dus asseblief vir 'n oomblik terwyl God uitreik om ons harte sag te maak en ons verstand oop te maak.

Jesaja 48:17 So sê die Here, jou Verlosser, die Heilige van Israel: Ek is die Here jou God wat jou onderrig tot jou beswil, wat jou lei op die pad waarop jy moet gaan.

Dink jy God sê vir ons dinge om ons lewens te benadeel, of om ons te seën? Gee Hy, soos enige goeie pa, vir ons opdragte om met ons koppe te smokkel, of om ons vir ons eie beswil te leer?

Een van die ergste situasies waarin ons onsself kan bevind, is daardie hardnekkige situasie; daardie situasie waar ons ons harte verhard vir sy liefde, 'n liefde wat verder strek as enigiets wat ons ooit sal kan begryp. So, asseblief: luister... asseblief...

Ek is die Here jou God wat jou onderrig tot jou beswil, wat jou lei op die pad waarop jy moet gaan.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY