Listen

Description

Send us a text

Openbaring 2:23b ... die gemeentes sal kennis neem dat dit Ek is wat gedagtes en bedoelings deursoek. Ek sal ook aan julle elkeen gee wat julle volgens julle handel en wandel verdien. (NLV) 

Die media is deesdae ongenadig teenoor die Christendom. Ek verstaan dit. Voor ek Jesus ontmoet het, het die goedheid van daardie paar Christene wat ek geken het, my gewete aangekla, en, tot my skande moet ek erken, dat dit hulle 'n taamlik nare reaksie op die hals gehaal het. Maar kom ons wees eerlik, die kerk doen steeds verskriklike dinge.

Oor die afgelope paar jaar was die Vatikaan betrokke by 'n komplekse finansiële verhoor wat bewerings van verduistering, bedrog en die misbruik van kerkfondse behels het. Daar word beweer dat Vatikaanse amptenare meer as 200 miljoen euro gesteel het; selfs fondse wat vir die armes bedoel was. Indien dit waar is, is dit mos onaanvaarbaar.

Nee, ek pik nie net op die Katolieke nie! Ander kerke en denominasies het self maar hul eie geraamtes en geldsakkies in die kas! En tog kan ons heeldag die vinger na ander wys, terwyl ons ons eie mislukkings vermy. Hier is die vraag: hoe sal jy daarvan hou indien die pers jou as 'n skynheilige sou ontmasker, deur alles wat jy in jou lewe verkeerd gedoen het, te publiseer?


So, kom laat ons hier 'n bietjie meer produktief wees. Kom ons fokus op my en op jou; op ons gedrag, ons tekortkominge, ons skynheiligheid. Want al ons donker, klein geheimpies wat ons dink vir die wêreld verborge is, lê oop en bloot voor God.


Openbaring 2:23b ... die gemeentes sal kennis neem dat dit Ek is wat gedagtes en bedoelings deursoek. Ek sal ook aan julle elkeen gee wat julle volgens julle handel en wandel verdien. (NLV)


Luister na my. God het jou ongelooflik lief. Hy het Jesus gestuur om te sterf om vir elkeen van jou sondes te betaal, sodat jy deur jou geloof in Hom volkome vergewe kan wees. Wees verseker, God sien dit alles.


Ja, my vriend, ons kan maklik van die skynheiligheid en afskuwelike gedrag van ander mense praat, maar kom ons kyk eers in die spieël, want Hy sal aan elkeen van ons gee wat óns verdien.

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY