Filippense 3:18-20 Ek het dikwels vir julle gesê en tot my verdriet moet ek dit nou herhaal: Daar is baie wat as vyande van die kruis van Christus lewe. Die verderf is hulle einde; die maag is hulle god; hulle skande is hulle trots; hulle is aardsgesind. Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag.
Sou dit nie wonderlik wees as jy met oorwinning en 'n stil, rotsvaste, sterk vertroue deur al die lewe se hoogte- en laagtepunte kan leef nie? Ja, my vriend, dink net hoe goed dit sal voel om 'n vrede, wat alle verstand te bowe gaan, te hê, wanneer groot, lelike, vreesaanjaende, gevaarlike dinge jou bedreig. Sou dit nie fantasties wees nie?
Dit klink amper te goed om waar te wees. Miskien klink dit amper onmoontlik as jy dink aan al die dinge wat jou bedreig.
Ons het 'n vriendin wat sukkel met kanker wat deur haar hele liggaam versprei het. Sy ondergaan allerhande behandelings. Soms klink sy swak en moeg. Dis te verwagte. Maar daar is 'n blywende veerkragtigheid in haar stem en houding wat werklik verstommend is.
Die apostel Paulus het dieselfde vaste geloof gehad toe Hy in 'n dodesel toegesluit was. Hy het gepraat van die verskriklike mense wat hom daar laat opsluit het, en tog, ten spyte van sy desperate omstandighede, het hy ‘n rotsvaste geloof in sy verlossing gehad:
Filippense 3:18-20 Ek het dikwels vir julle gesê en tot my verdriet moet ek dit nou herhaal: Daar is baie wat as vyande van die kruis van Christus lewe. Die verderf is hulle einde; die maag is hulle god; hulle skande is hulle trots; hulle is aardsgesind. Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag.
Paulus se vertroue in God se genade; ons vriendin se vertroue; en my vertroue, kom van die wete dat God ons eendag deur ons geloof in Jesus uit hierdie deurmekaar wêreld sal lig, en dat ons ons ewigheid in heerlikheid saam met Hom sal deurbring.
Dis ware vertroue. Dis ware vrede.
En dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.