Romeine 8:24-25 Ons is immers gered, en ons het nou hierdie hoop. Wat 'n mens al sien, hoop jy tog nie meer nie. Wie hoop nog op wat hy reeds sien? Maar as ons hoop op wat ons nie sien nie, wag ons daarop met volharding.
Hoop’ is nogal 'n vreemde woord. Dis in 'n sekere sin soos 'n tweesnydende swaard. Want hoewel hoop ongetwyfeld 'n goeie ding is, impliseer die feit dat jy hoop op 'n goeie uitkoms en nie seker is van wat gaan gebeur nie. Jy voel bekommerd oor daardie probleem, jy verwag 'n bietjie teëspoed, miskien 'n bietjie lyding wat dalk voorlê ... maar jy ‘hoop’ dit sal nie gebeur nie. Ja, hoop, is inderdaad 'n vreemde woord.
John Woolman was 'n lid van die 18de-eeuse Amerikaanse Christelike Protestantse groep, bekend as die Kwakers. Vir meer as dertig jaar het hy wêreldwyd gereis, teen slawerny gepraat en ander aangespoor om die inherente gelykheid van alle mense te erken. Ten spyte van die stadige vordering het hy geduldig, getrou en hoopvol gebly, en geglo dat sy pogings uiteindelik tot 'n maatskaplike verandering sou lei, omdat hy geweet het hy glo in ‘n God wat wonderwerke doen.
Woolman het nie die vrugte van sy arbeid gesien nie, maar sy stil, konsekwente voorspraak het gehelp om die grondslag te lê vir die vryheidsbeweging in Amerika. Hy het op God gehoop...
Ja, die wêreld is steeds in 'n gemors. Ja, dit lyk asof dit kreun onder die gewig van konflik, oorloë, verdeeldheid en onderdrukking. Maar soos ons gister gesien het ... sal dit alles eendag tot 'n einde kom. En diegene wat hulle geloof in Jesus geplaas het, het 'n seker, ‘n vaste hoop op die heerlikheid wat op hulle wag.
Romeine 8:24-25 Ons is immers gered, en ons het nou hierdie hoop. Wat 'n mens al sien, hoop jy tog nie meer nie. Wie hoop nog op wat hy reeds sien? Maar as ons hoop op wat ons nie sien nie, wag ons daarop met volharding.
Soos Woolman, kan ons nie sien presies hoe die hoop vervul sal word, of wanneer dit sal gebeur nie. Maar soos die apostel Paulus in daardie paar verse sê, is dít die aard van hoop.
Wat jy ook al deurmaak, watter stryd, watter teëspoed ook al ... wees geduldig, wag daarvoor. Hoop daarvoor.. Jesus kom.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.