Listen

Description

Send us Fan Mail

Maleagi 3:10 Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in my huis kan wees, en toets My hierin, sê die Here die  Almagtige.Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie. 

Het jy al ooit op ‘n punt gekom waar dit net nie vir jou moontlik gevoel het om die regte ding te doen nie? Jy weet presies wat God vra—om te gee, te vergewe, of te laat gaan—maar dit maak net nie sin nie. Die risiko voel te groot, en jou hart fluister: Ek kan dit nie bekostig nie.

Dit is presies hoe Israel gevoel het in die tyd van die profeet Maleagi. Die mense het opgehou gee, opgehou vertrou, en net begin opgaar. Dit was moeilike tye, en hulle geloof was op ‘n absolute laagtepunt; hulle het net aan hulself gedink. Maar toe die volk so moedeloos was, sê God iets ongeloofliks. Dit is die teenoorgestelde van al die ander wette wat sê dat jy Hom nié mag toets nie:

Maleagi 3:10: Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in my huis kan wees, en toets My hierin, sê die Here die Almagtige. Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie. 

Kom ons wees eerlik: God het nie gestres oor hulle geld nie. Die Psalmis vertel immers Hy besit die beeste op ’n duisend heuwels. Ja-nee, Hy is nie verleë oor ons ou bydraetjie nie; Hy besit die hele spul!  

God wou beslis nie hulle geld hê nie; Hy wou hulle vertroue hê.

Wanneer mense Hom uit opstandigheid getoets het, was dit ’n sonde. Maar hier? Hier nooi Hy sy volk om Hom te toets. Wanneer jy met ’n oop hand gee, wys jy dat jou hart glo dat God sal voorsien—ten spyte van hoe desperaat dinge lyk.

So, wat is daardie ding wat God vandag van jou vra wat vir jou te ‘duur’ voel? Doen dit in elk geval. Want wanneer jy God met oop hande vertrou, sal jy vinnig agterkom: God gee altyd meer as wat jy gee.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY