Efesiërs 3:16-17 Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees.
So, op 'n skaal van nul tot tien, hoe sterk, hoe slaggereed voel jy vir die toekoms? Die antwoord hang waarskynlik af van jou natuurlike samestelling, dit wil sê, jou persoonlikheidstipe en die omstandighede waarin jy jouself tans bevind.
As jy iemand met ‘n sterk persoonlikheid is (wat terloops net soveel nadele as voordele het), of as alles in jou lewe goed gaan, dan is dit redelik maklik om jouself 'n sewe, agt ... selfs 'n nege uit tien te gee.
As jy 'n persoon met meer deernis is, is jy meer in harmonie met jou eie emosies en dié van ander. En dit laat jou baie makliker seergemaak en moedeloos voel.
Maar as daar enigiets is wat die lewe my geleer het; is dat dit nie saakmaak hoe sterk jy mag wees nie; hoe dapper jy in tye van teenspoed is nie; daar gaan 'n tyd kom wanneer jy heeltemal oorweldig voel; wanneer jy, ongeag van wat jy doen, nie die krag wat jy so desperaat nodig het, kan bymekaarskraap nie en sommer wil handdoek ingooi.
Efesiërs 3:16-17 Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees.
Ware krag is krag wat diep uit jou binneste kom. Ons beleef hierdie krag wanneer ons op Jesus vertrou; wanneer God ons met sy Gees vul; wanneer die krag van God ons tot oorlopens toe vul. Met hierdie krag kan ons voortgaan, ongeag enigiets wat ons pad kruis. So …
Ek bid dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees.
Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.