Listen

Description

Send us a text

Jesaja 47:13-14 Jy het jou moeg gemaak met jou baie voortekens. Laat jou voorspellers nou optree, laat hulle jou help, hulle wat die hemel opdeel en die sterre bekyk, hulle wat elke maand bekend maak wat oor jou gaan kom. Maar hulle het soos stoppels geword, hulle gaan verbrand. Hulle kan hulleself nie red van die vlamme nie. Daar bly nie eens kole oor om jou by warm te maak nie, 'n vuur om by te sit nie. 

Ek het onlangs opgelet dat astrologie skielik populêr geraak het. Kan jy glo dat bekendes kaarte raadpleeg voordat hulle besluite neem?

'n Onlangse nuusartikel oor die onderwerp het berig:. Horoskope is tans so gewild dat 'n sekere astrologie-toepassing tot meer as 30 miljoen gebruikers het. Dan is daar na raming 100 miljard keer na astrologie-verwante inhoud op TikTok gekyk. 

Pasop! Dit is so maklik om in die versoeking te kom! Ek bedoel, dis sekerlik redelik onskadelik, net 'n bietjie pret eintlik. Nee my vriend, dis tyd om baie vinnig die gevaar raak te sien! Hier is God se siening oor hierdie hokus-pokus astrologie-besigheid: 

Jesaja 47:13-14 Jy het baie raadgewers. Is jy moeg vir die raad wat hulle gee? Stuur dan jou manne uit wat die sterre lees. Hulle kan sien wanneer die maand begin, so miskien kan hulle vir jou sê wanneer jou probleme sal kom. Maar hulle kan nie eers hulself red nie. Hulle sal soos strooi brand. Hulle sal so vinnig brand dat daar geen kole oor sal wees om brood te bak nie. Daar sal geen vuur oor wees om by te sit nie.

God het die son, die maan en die sterre geskep om vir ons tyd aan te dui en ons kyk met verwondering daarna en sien God se almag, wysheid en oneindigheid. Astrologie is die “interpretasie” van ‘n “veronderstelde invloed” wat die sterre en planete op die mens se bestemming uitoefen. Glo my, dit is ‘n valse oortuiging.  

Astrologie het sy oorsprong in Oosterse Afgodsdiens en is ‘n vorm van waarsêery wat uitdruklik in die Bybel verbied word. (Deut. 18:10-14). Dit mag dalk nuwerwets klink. Maar, my vriend, dit is nie onskuldige pret nie. Dit is gevaarlik. God veroordeel dit oor en oor. Dis 'n gevaarlike bedrieër. Wees dus gewaarsku. Bly weg!

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY