Listen

Description

Send us a text

Spreuke 20:6  Baie mense sal voorgee dat hulle lojale vriende is, maar waar is daar iemand wat regtig betroubaar is? (NLV) 

Een van die grootste behoeftes wat ons elkeen het, is om liefgehê te word. En 'n belangrike voorwaarde daarvoor is ‘n wedersydse vertroue. As jy dit mooi deurdink, kan jy sien dat liefde sonder vertroue onmoontlik is. Maar ek dink nie daar is een van ons wat nie al beleef het dat hy deur iemand, wat hy vertrou het, verraai is nie.

Brutus was een van Julius Caesar se mees vertroude vriende en bondgenote. Tog het hy by 'n groep senatore aangesluit wat Caesar se groeiende mag en ambisie gevrees het. In 44 v.C. het hulle hom vermoor. Daardie verraad het Rome so geskok dat dit uiteindelik gelei het tot die val van die Romeinse Republiek en die opkoms van die Romeinse Ryk.

Nou wel, so iemand wat vir my of vir jou verraai, sal waarskynlik nie so 'n radikale uitwerking op wêreldgebeure hê nie, maar hulle sal beslis 'n enorme uitwerking op ons lewens hê. Daar is steeds 'n letsel op my hart van die grootste verraad van my lewe. Kan jy ook getuig van ‘n vriend se verraad?

Spreuke 20:6 Jy mag dalk baie mense jou "vriende" noem, maar dis moeilik om iemand te vind wat werklik vertrou kan word.

Op 'n afstand lyk suiker en sout dieselfde. Dis eers wanneer jy nader kom, en jy dit proe, dat jy die verskil ervaar. Wees versigtig en wees oordeelkundig wanneer jy jou vertroue in mense plaas. Ek sê nie dat ons niemand moet vertrou nie, maar soms is diegene wat lyk asof hulle ons vriende is, alles behalwe dit!

Jy mag dalk aan iemand as jou vriend dink, maar onthou, dis moeilik om iemand te vind wat werklik vertrou kan word.

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY