Listen

Description

Send us a text

Deuteronomium 7:9 “Weet dan nou: die Here jou God, Hy is God. Hy is die betroubare God wat sy verbond in stand hou en sy troue liefde betoon tot aan die duisendste geslag van hulle wat Hom liefhet en sy gebooie gehoorsaam, 

Jy kan absoluut 100 % seker wees van iets – dood, doodseker – tot ‘n bal jou uit die skeelkant tref; jou heeltemal onkant betrap en jou alles waarvan jy eens so seker was, laat bevraagteken.

Die waarheid is dat ons baie dinge as vanselfsprekend aanvaar – ons gesondheid, byvoorbeeld. Alles gaan goed. Nouja, miskien voel jy nie heeltemal honderd persent nie, maar jy voel redelik seker dat jy vandag, môre, die volgende dag oukei sal wees.

En dan skielik gebeur daar iets. Miskien is dit 'n hartaanval (soos met my gebeur het), of 'n beroerte, of kanker, of iets anders wat nie net 'n wolk van onsekerheid oor jou toekoms gooi nie, maar jou hele lewe omverwerp. 

Ons kan soveel dinge as vanselfsprekend aanvaar, maar daar is in werklikheid baie min dinge waarvan ons régtig seker van kan wees. Maar hier is een ding wat verseker absoluut rotsvas staan: 

Deuteronomium 7:9 “Weet dan nou: die Here jou God, Hy is God. Hy is die betroubare God wat sy verbond in stand hou en sy troue liefde betoon tot aan die duisendste geslag van hulle wat Hom liefhet en sy gebooie gehoorsaam,

'n Verbond is 'n onverbreekbare kontrak wat deur God opgestel en in die bloed van Jesus, sy Seun, onderteken is. As jy jou geloof, jou vertroue in enigiets, of in enigiemand gaan plaas, plaas dit in Hom, eer Hom met jou lewe ... want Hy sal sy verbond, sy kontrak, sy belofte van die ewige lewe met jou en diegene wat na jou kom, hou.

“Weet dan nou: die Here jou God, Hy is God. Hy is die betroubare God wat sy verbond in stand hou tot aan die duisendste geslag van hulle wat Hom liefhet en sy gebooie gehoorsaam.

Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY