Listen

Description

Send us Fan Mail

Romeine12:21 Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie. 

Wat doen jy wanneer iemand jou te na kom? Ek bedoel... jou régtig te na kom? Instinktief wil ons hulle in gelyke munt terugbetaal. Ons wil wys ons is reg, ons wil ons trots beskerm, nè? Maar op daardie oomblik het jy 'n keuse: óf jy slaan terug... óf jy stop die kwaad.

Dink aan Corrie ten Boom. Sy het die hel van 'n Nazi-konsentrasiekamp oorleef, maar haar suster het daar gesterf. 

Toe sy jare later 'n toespraak oor vergifnis hou, stap 'n man na haar toe en steek sy hand uit. Corrie se bloed het koud geword – sy het hom dadelik herken as een van die wreedste wagte uit háár kamp.

Sy het alle reg gehad om wraak te neem en hom voor almal te ontmasker. Haar hele wese het geskree om om te draai.

Maar sy het geweet sy het 'n keuse. Sy het gebid: Jesus, help my. Toe steek sy haar hand uit en kies vrede bo wraak. Sy het die kwaad gestop.

Paulus het aan die Christene in Rome met ’n samelewing deurdrenk van geweld, trots en wraak geskryf. Hy gee vir hulle hierdie radikale opdrag:

Romeine 12:21 : Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.

Kyk, wraak gooi net olie op die vuur van die kwaad, maar genade blus dit uit.

So, wanneer jy weer die versoeking voel om terug te kap, onthou: oorwinning kom nie van terugslaan nie. Dit kom wanneer jy liefhet... veral wanneer dit jou die meeste kos.

Want dis hoe die kwaad verslaan word – een goeie daad op ’n slag.

Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY