Listen

Description

Send us a text

Johannes 1:46 Maar Natanael sê vir hom: “Kan daar uit Nasaret iets goeds kom?”

“Kom kyk,” het Filippus hom geantwoord. 

Ken jy Na-Kersfees-uitverkopings? Dis interessant om te sien dat hierdie verkopings ook in lande, wat nie tradisioneel Christelik is nie; lande soos China, Japan, Suid-Korea en selfs in dele van die Midde-Ooste, voorkom.

Vandag is 'n paar skoene xRand werd. Môre op die uitverkoping is hulle skielik vir halfprys beskikbaar. Wat het verander? Dit is tog dieselfde paar skoene. Die groothandelprys aan die kleinhandelaar het beslis nie verander nie. En tog is hulle gedevalueer, afgemerk, net om hulle vinnig te verkoop. 

Hoe bepaal die wêreld ‘n persoon se meriete? Met watter standaard meet hulle jou waarde? 

Johannes 1:46Maar Natanael sê vir hom: "Kan daar uit Nasaret iets goeds kom?"

"Kom kyk," het Filippus hom geantwoord.

Sien jy? Dít was die algemene gesindheid van die mense wat hier in Natanael se woorde weerspieël word. Jesus het nie alleenlik ‘n nederige geboorte in 'n krip gehad nie, maar sy ouers het geen status gehad nie. Om alles te kroon, is Hy in die obskure werkersklas dorp, in Nasaret (ver van Jerusalem, die sentrum van godsdienstige elite), grootgemaak.

Uit die wêreld se perspektief het Jesus geen getuigskrif, geen stamboom, geen gesag gehad nie. Tog is Hy "Verlosser, Christus die Here" genoem (Lukas 2:11).

Jesus was deur mense ‘afgemerk’ soos 'n item in ‘n na- Kersfees-uitverkoping. Dit was ‘n fout! Hy bly tot vandag toe die Verlosser van die wêreld, want Hy het deur sy kruisdood en opstanding die mens van sy sonde kom verlos.

Mense sal jou ‘afmerk’. Hulle sal jou verkleineer, jou ignoreer, jou selfs verag. Maar moenie vrees nie – God sien jou, Hy is lief vir jou en Hy het 'n plan om, ten spyte van wat ander mag dink, magtige dinge deur jou te bereik.

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY