Jakobus 3:13 Is daar 'n wyse en verstandige mens onder julle? Dan moet hy dit toon deur sy goeie gedrag en deur dade wat van nederigheid en wysheid getuig.
Ons het almal al mense ontmoet wat ons sonder twyfel as wys sou beskryf. Maar ons praat nie nou van selfsugtige, arrogante persone as wys nie. So wat beteken dit dan eintlik om wys te wees?
Sommige mense lyk ongelooflik bekwaam. Hulle het die gawe om komplekse probleme op te los en suksesvolle uitkomste te bewerk. En hulle is dikwels kragtige kommunikeerders; hulle is in staat om ander mense te beïnvloed. Is dít wat dit beteken om wys te wees? Wel, miskien ... maar net gedeeltelik. Adolf Hitler was op die kruin van sy sukses so 'n persoon, totdat dit alles tot niet gegaan het. Nee, wysheid behels beslis nie hierdie wêreldse wysheid nie.
Jakobus 3:13 Is daar 'n wyse en verstandige mens onder julle? Dan moet hy dit toon deur sy goeie gedrag en deur dade wat van nederigheid en wysheid getuig.
So, ware wysheid, vanuit God se perspektief, behels wel begrip. Maar dis 'n begrip wat ons lei om reg te lewe; sodat ons deur ons goeie gedrag; deur ander te dien; deur die dinge wat ons in nederigheid doen, uiteindelik ons wysheid sal uitleef. Dink aan die leiers in jou wêreld, in jou werkplek, in jou gemeenskap. Word hulle gekenmerk deur nederigheid en goedheid, of is dit hulle grootpratery en gespog wat vir hulle korttermyn sukses bring? Ja-nee, moenie 'n fout maak nie, as dit laasgenoemde is, sal hulle sukses inderdaad van korte duur wees. En hier is die vraag vir jou: is jy werklik wys en ondersteunend? Indien wel ... moet jy met nederigheid wys optree. Onthou, 'n wyse persoon spog nie.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.