Ek het hierdie week ʼn heerlike gesprek gehad met Annerine Wenhold oor matriekopsies vir tuisskolers. Die Wenholds het die Amerikaanse hoërskooldiploma vir hulle matriekseun gekies en Annerine praat oor haar ervaring daarmee.
Kom hoor onder andere:
1. Hoe maklik dit is om die papierwerk af te handel sodat jou kind toelating tot die universiteit kan kry
2. Presies watter dokumente jou kind nodig het
3. Hoe jy matriek selfs in Afrikaans kan voltooi volgens hierdie roete
“Dis ʼn bewese roete met kinders wat reeds op universiteit is,” sê Annerine.
In die onderhoud vertel sy juis van ʼn meisie wat tans Ingenieurswese studeer nadat sy die Amerikaanse hoërskooldiploma verwerf het.
As jy graag meer inligting oor hierdie matriek wil hê, kontak gerus vir Annerine. Sy bied ʼn konsultasiediens aan tuisskolers om hulle met hierdie keuse te help.
Stuur vir haar 'n e-pos na: @Kairos AcademySA