Listen

Description

Luister saam en deel die hoopvolle gedagte.

Die Here sal die oorwinning gee

1Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid.

2Mag die Here u gebed verhoor op die dag van nood,

mag die Naam van die God van Jakob u beskerm.

3Mag Hy u te hulp kom uit die heiligdom,

u bystaan uit Sion.

4Mag Hy al u graanoffers onthou

en u brandoffers aanneemlik vind.

Sela

5Mag Hy u gee wat u hart begeer

en al u voornemens laat geluk.

6Ons sal juig oor u oorwinning

en in die Naam van ons God die vaandels ontplooi.

Mag die Here alles gee wat u vra.

7Dit weet ek:

die Here sal aan sy gesalfde die oorwinning gee!

Uit die heilige hemel verhoor die Here sy gebed;

die Here gee deur sy groot mag aan hom die oorwinning.

8Sommige vertrou op strydwaens en ander op perde,

maar รณns, ons vertrou op die Naam van die Here ons God.

9Hรบlle sal struikel en val,

maar รณns sal regop en vas bly staan.

10Here, gee tog aan die koning die oorwinning.

Mag die Here ons gebed verhoor wanneer ons na Hom roep.

Subscribe aan en luister op ons potgooi kanaal op ๐˜พ๐™–๐™จ๐™ฉ๐™—๐™ค๐™ญ (minder data verbruik):

https://castbox.fm/ch/2600227

of ๐™‚๐™ค๐™ค๐™œ๐™ก๐™š ๐™‹๐™ค๐™™๐™˜๐™–๐™จ๐™ฉ (minder data verbruik): https://podcasts.google.com/search/christensentrum%20elspark

of ๐™Ž๐™ฅ๐™ค๐™ฉ๐™ž๐™›๐™ฎ

https://open.spotify.com/show/2MJTwLqFtFwzlCNe2iujGc