Listen

Description

In vandag se wêreld is dit maklik om geloof te begin sien as iets wat net om ons behoeftes en ons begeertes draai. Baie mense vra: "Wat kan God vir my doen?" – kan Hy my genees, my seën, my finansies herstel? Maar ware geloof vra nie net vir God se hand nie – dit soek Sy hart.

Jesus self het vir ons die pad gewys toe Hy in Getsemane gebid het:

"Vader, as U wil, neem hierdie beker van My weg; nogtans, nie My wil nie, maar U wil moet geskied."

– Lukas 22:42