Listen

Description

Namibië se Sportster van die Jaar is para-triathlon-atleet Jeromius Rooi, terwyl bokser Fillipus Nghitumbwa as die Sportman van die Jaar en fietsryer Vera Looser as die Sportvrou van die Jaar aangewys is. Tydens die jaarlikse sporttoekennings Saterdagaand in Ongwediva, is Ashley Martina as die Juniorsportvrou van die Jaar aangewys en Burton Weakley as die Juniorsportman van die Jaar. Krieket Namibië het die louere as Federasie van die Jaar ingepalm. Adjunksportminister Dino Ballotti het tydens die geleentheid hulde aan Namibië se sportlui gebring.