Met beleggings van honderde miljoene rand wat hul pad na Harrismith vind, raak die behoefte al dringender vir ondernemings en inwoners om Maluti-A-Phofung se greep te ontkom. Volgens Ben Deysel, voorsitter van die Harrismith-Sakeforum, lê die dorp se aantrekkingskrag in sy ligging en sentrale posisie – en dit is waarom daar soveel belegging plaasvind.