Die DA beplan om die Mpumalanga Onderwysdepartement by die Menseregtekommissie aan te gee omdat hulle nie Afrikataal-leesmateriaal aan leerders verskaf nie. Volgens die DA se Annerie Weber het die onlangse verslag van die Ouditeur-Generaal gevind 890 laerskole in Mpumalanga is nie vanjaar van graad 3-Afrikatale leesstof voorsien nie. Dit raak meer as 106-duisend leerlinge regoor die provinsie. Volgens Weber glo die DA dat die departement die leerders se grondwetlike reg op onderwys skend deur dit nie te verskaf nie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus