Die polisie in Mpumalanga het sedert 1 Desember meer as 530 mense gearresteer wat vermoedelik dronk bestuur het. Verkeersbeamptes het gedurende die vakansie meer as 105-duisend voertuie voorgekeer en 18-duisend-235 dagvaardings is uitgereik vir verskeie oortredings. Die woordvoerder van die Departement van Gemeenskapsveiligheid, Moeti Mmusi, sĂȘ hierdie arrestasies het bygedra tot die vermindering van noodlottige ongelukke. Hy het 'n beroep gedoen vir verantwoordelike vierings en versoek samewerking met wetstoepassers. 100.5FM Radio Laeveld Nuus