Ons vergeet dikwels van ouderwetse – en eintlik mooi – skelname soos “skurk” en “boef”, of “niksnuts” en “lieplapper”. Su-an en Gerhard gesels oor die woorde “feeks” en "helleveeg" se taboewaarde en waar hulle vandaan kom. Hulle vra ook of mense aanstoot neem as hulle die woorde "rooikop" en "wortelkop" hoor. Meer oor die podsending