Listen

Description

In hierdie episode van Pagecast gesels Bouwer Bosch met Springbok rugbyspeler Eben Etzebeth oor sy outobiografie, Ten Slotte. 



Eben Etzebeth is die speler wat al die meeste toetswedstryde in

Suid-Afrikaanse rugbygeskiedenis gespeel het. Op die veld word

hierdie slot se intelligensie, energie en aggressie gerespekteer en

bewonder.



Hy is lid van die senior Springbok-leierskapspan, en speel ’n groot rol

in ’n ongelooflik suksesvolle era wat twee agtereenvolgende

Wêreldbekers en die groep se huidige posisie van twee jaar boaan

die wêreldranglys insluit.



In hierdie eerlike en onderhoudende vertelling beskryf Eben van die

vernaamste faktore van sy sukses, en hoe hy gefokus bly – op en van

die veld af. Van sy nederige kinderjare in Goodwood – ’n voorstad

van Kaapstad waar niks maklik kom nie – regdeur sy vroeë

klubloopbaan, tot by sy swaar verdiende plek in die Suid-Afrikaanse

nasionale span, vertel Ten Slotte die persoonlike kant van sy

loopbaan, en wat dit geverg het om ’n wêreldkampioen te word.