’n Forensiese ontleder wat aangestel is om AfriForum se privaatvervolgingseenheid se videobewyse in die verkragtingsaak teen Isaac Andile Memese aangebied is, het bevestig dat hy geen onreëlmatighede of wysigings op die lêers gevind het nie. Jason Jordaan, ’n ervare multimedia- en digitale forensiese ontleder, is gister deur Memese se verdedigingspan geroep om in die Somerset-Oos-landdroshof te getuig. Maroela Media Nuus