Listen

Description

As ons oor die kerk dink, dan kyk ons dikwels na die kerkbesluite wat die koerantopskrifte haal, maar die hart van die kerk lê eintlik op gemeentevlak. So sê Maartje van der Westhuizen, assessor (ondervoorsitter) van die NG Kerk se Algemene Sinode Moderamen.



Barnard Beukman, oud-redakteur en joernalis, het in nog ’n spesiale uitgawe vir Kerkbode Kollig met haar gesels oor die welstand van die kerk op gemeentevlak. Hulle gesels oor wat sy hoor en sien gebeur in gemeentes, wat die rol van die sinode is (meer staf as slaanstok), kritiese stemme in die kerk asook wat sy sien as positiewe veranderinge binne die kerk in die laaste jare.